Vitrifikasie van sperme: ’n Alternatief vir konvensionele bevriesingsmetodes

Authors: M. Slabbert1, S.S. du Plessis2, C. Huyser1
Affiliations: 1Reproductive Biological Laboratory, Steve Biko Academic Hospital, Department of Obstetrics and Gynaecology, University of Pretoria, South Africa, 2Department of Biomedical Sciences, Stellenbosch University, South Africa
Correspondence to: M. Slabbert
Postal address: Private Bag X11, Arcadia 0007, South Africa
How to cite this abstract:Slabbert, M., Du Plessis, S.S. & Huyser, C., 2014, ‘Vitrifikasie van sperme: ’n Alternatief vir konvensionele bevriesingsmetodes’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1259, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1259
Note: This paper was initially delivered at the Faculty of Education and Department of Physiology at the University of Pretoria, Groenkloof Campus, South Africa on 16 October 2012.

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract
Open Access

Sperm vitrification: An alternative to conventional cryopreservation. Cryopreservation of human sperm is considered a routine practice in assisted reproduction treatment (ART) laboratories. Vitrification is not yet common practice for sperm cryopreservation in ART laboratories. The aim of this study was to establish the feasibility of utilising vitrification as opposed to current conventional cryopreservation of spermatozoa.

Inhoud
Open Access

Bevriesing van menslike spermatosoë word beskou as ’n roetine-praktyk in Geassisteerde Reproduktiewe Tegnologie (ART) laboratoriums. Semen monsters word hoofsaaklik bevries om te berg vir ART prosedures, skenker sperme, en om gewasde monsters van menslike immuniteitsgebrekvirus (MIV)-positiewe pasiënte te behandel. Semen monsters van MIV-patiënte lei oor die algemeen tot ’n lae opbrengs van gesuiwerde spermatosoë na semen prossesering. Hierdie monsters moet dan ook bevries word vir latere gebruik. In teenstelling met konvensionele bevriesingsmetodes gebruik vitrifikasie geen skadelike bevriesingsmiddele nie, wat ’n gevolglike vermindering van moontlikheid skade kan hê. Vitrifikasie word tans nog nie beskou as algemene praktyk vir sperm bevriesing in ART laboratoriums nie. Die doel van hierdie studie was om die moontlike gebruik van vitrifikasie met die huidige konvensionele bevriesingsmetodes van spermatosoë te bevestig en die voordeel en moontlike gebruik te bevestig.

Semen monsters (n = 30) van MIV-negatiewe pasiënte is in die studie gebruik. Alle monsters is geprosesseer volgens die eenheid se standaard protokol. Elke gewasde monster is in twee verdeel en die dele is onderskeidelik bevries deur middel van vitrifikase (sukrose + 1% albumien) en konvensionele bevriesing met eiergeel-bevattende buffer. Na ontdooiing is die beweeglikheid en kinetiese parameters (CASA, MTG-MedeaLAB), mitochondriale membraan potensiaal (ΔΨ) (Vloeisitometrie, MitoTracker® Red CMXRos), en DNA fragmentering (Vloeisitometrie met behulp van die APO-direct™ toets) tussen die twee groepe vergelyk.

Geen betekenisvolle verskille is waargeneem in die beweeglikheid en kinetiese parameters (p > 0.05) van die spermatosoë nie. Spermatosoë bevries deur middel van vitrifikasie het egter gelei to betekenisvolle hoër persentasies van ΔΨ in vergelyking met konvensionele bevriesing met eiergeel buffer (11.99% ± 4.326% teen 6.58% ± 1.026, p < 0,001). Betekenisvolle laer persentasies van DNA fragmentering (2.79% ± 1.017% teen 3.86% ± 1.38%, p < 0.01) is in die vitrifikasie groep gevind.

In hierdie studie, het die konvensionele bevriesingsmetode en vitrifikasie vergelykbare uitkomste gehad met betrekking tot sperm beweeglikheid, maar die laasgenoemde metode het wel beter resultate opgelewer in terme van ΔΨ en DNA sperm fragmentasie. Ten slotte, vitrifikasie is ’n maklike, vinnige en meer bekostigbare tegniek wat nie enige spesiale bevriesingstoerusting nodig het nie. Die gebruik van vitrifikasie vir gewaste sperm monsters van MIV-positiewe pasiënte kan moontlik lei tot ’n beter gehalte spermatosoë na ontdooiing vir ART prosedures.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.