’n Moontlike kwarantyn-aalwurm in die Hartswatergebied, Noord-Kaap

Authors: A. Swart1, R. Knoetze2, L.R. Tiedt3, M. Truter4, A.H. McDonald5
Affiliations: 1Department of Nematology, ARC-Research Institute of Plant Protection, South Africa, 2Department of Agriculture, Forestry and Fisheries, South Africa, 3Laboratory for Electron Microscopy, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa, 4Department of Mycology, ARC-Research Institute of Plant Protection, South Africa, 5Department of Environmental Sciences and Management, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa
Correspondence to: A. Swart
Postal address: Private Bag X134, Queenswood 0121, South Africa
How to cite this abstract: Swart, A., Knoetze, R., Tiedt, L.R., Truter, M. & McDonald, A.H., 2014, ‘’n Moontlike kwarantyn-aalwurm in die Hartswatergebied, Noord-Kaap’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1238, 2 pages. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1238
Note: This paper was initially delivered at the School of Environmental Sciences and Development of the North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa on 05 October 2012.

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract
Open Access

A possible quarantine nematode in the Hartswater area, Northern Cape. Lesions on the shells, shrivelled and discoloured seeds and early germination are symptomatic of some groundnuts in the Hartswater area of South Africa. A morphological study revealed the presence of high numbers of the quarantine nematode Aphelenchoides arachidis in this material. The base pair sequence, however, does not match that of A. arachidis in Genbank (EF371501). Unfortunately EF371501 has no voucher specimen allocated to it and its real identity can therefore never be verified. Two pathogenic fungi, Thielaviopsis basicola and Neocosmospora vasinfecta were also isolated from this material.

Inhoud
Open Access

In Maart 2012 is grondboontjiepeule van plase naby Hartswater na die Nematologie-Eenheid gestuur vir aalwurm-ontleding Die peule het bruin-swart letsels vertoon en sommiges was verrot. Sade was gekrimp en verkleur, en vroeë ontkieming is waargeneem.

Vir die onttrekking van aalwurms is grondboontjiedoppe en -sade (met saadhuid) in stukkies gebreek en in 500 mL houers, wat met kraanwater gevul is, geplaas. Die materiaal is deurlopend vir 72 h belug waarna die suspensie eerstens deur ’n 1000 µm, en daarna deur ’n 45 µm sif gegiet is om die aalwurms te onttrek. Vir ligmikroskopie is die eksemplare in TAF fikseer (gedistilleerde water, 40% formalien en pikriensuur) en volgens die gewone metode op Cobb-plaatjies gemonteer. Tekeninge en afmetings is met ’n Zeiss Axioskop 40, wat met ’n tekenbuis voorsien is, gedoen. Vir skandeerelektronmikroskopie (SEM) is die eksemplare, doppe, sade en saadhuide in TAF fikseer, deur ’n etanol-series na 100% etanol geneem, gedroog, op SEM-knopies gemonteer en met goud-palladium bedamp. Die eksemplare en gedissekteerde plantmateriaal is met ’n FEI Quanta FEG 250 skandeer-elektronmikroskoop tussen 5 kV en 10 kV bestudeer en ligmikroskoopfoto’s is met ’n Nikon SMZ-1, toegerus met ’n Motic digitale kamera, geneem. Vir die molekulêre studie is DNS van enkele eksemplare onttrek en die ITS-gedeelte van die ribosomale DNS is met PKR vermeerder. Basisvolgorde-bepaling van die ITS-gedeelte is gedoen en vergelyk met beskikbare data in Genbank. Gedurende die SEM-studie is swamspore in die grondboontjiedoppe en -saadhuide gevind. Sigbare swamgroei op die oppervlak van die saadhuid is uitgeplaat op aartappelwortel-agar en geïnkubeer by 25 ºC vir sewe dae. Vrugliggame en/of spore en hifes van elke kolonie is in melksuur gemonteer. Afmetings is met ’n Zeiss Axio Imager 2 gedoen by 400x vergroting.

Morfologies en morfometries is die Suid-Afrikaanse eksemplare baie na aan Aphelenchoides arachidis, met die volgende uitsonderings: Getal laterale lyne (twee lyne in oorspronklike beskrywing van populasie van Nigerië versus 2–4 lyne in Suid-Afrikaanse populasie) en stekellengte

(10 µm – 12 µm in Nigeriese populasie versus 8 µm – 10 µm in Suid-Afrikaanse populasie). Met die molekulêre studie is verskille in basispaar-volgorde tussen die Suid-Afrikaanse eksemplare van A. arachidis en dié van EF371501 in Genbank gevind. Twee swamme is van die saad geïsoleer, Thielaviopsis basicola en Neocosmospora vasinfecta. Beide die swamme is patogenies op grondboontjies en veroorsaak ‘swartdop’.

Morfologies en morfometries verskil die Suid-Afrikaanse populasie effens van dié van die oorspronklike spesiebeskrywing van A. arachidis. Twee paratipes van A.arachidis is vir vergelykingsdoeleindes aangevra en verskeie eksemplare van die Suid-Afrikaanse populasie is na ’n kenner van die genus Aphelenchoides (David Hunt, CABI Bioscience, UK) gestuur om die identifikasie te kontroleer. Volgens beide die paratipes en dr. Hunt is die Suid-Afrikaanse eksemplare wel A. arachidis. Tans word A. arachidis deur lande soos Indië as kwarantyn-organisme beskou, waar dit as ’n skedule V organisme aan ses weke kwarantyn onderwerp word en waar slegs uitgedopte grondbone ingevoer mag word. Van belang is die vermoë van hierdie aalwurm om vir ongeveer 12 maande in gestoorde grondboontjies te oorleef. As A. arachidis dus in die hoof grondboontjieproduserende gebiede van die wêreld gevestig raak, kan dit ’n belangrike ekonomiese pes-organisme word. Die posisie van die Suid-Afrikaanse eksemplare in ’n filogenetiese boom afgelei van basispaarverskille dui egter daarop dat dié bevolking en die A. arachidis-bevolking van EF371501 in Genbank verskillende spesies is. Ongelukkig is geen verwysingseksemplare aan die Genbanknommer gekoppel nie en ’n morfologiese vergelyking tussen die Suid-Afrikaanse eksemplare en dié van EF371501 is dus onmoontlik. Die twee swamme, Thielaviopsis basicola en Neocosmospora vasinfecta is reeds in Suid-Afrika vanaf grondboontjies aangemeld.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.