Meloidogyne enterolobii (= Meloidogyne mayaguensis), ’n gevallestudie van ’n plantparasitiese nematode

Author: M. Marais1
Affiliation: 1Department of Nematology, ARC-Research Institute for Plant Protection, South Africa
Correspondence to: M. Marais
Postal address: Private Bag X134, Queenswood 0121, South Africa
How to cite this abstract: Marais, M, 2014, ‘Meloidogyne enterolobii (= Meloidogyne mayaguensis), ’n gevallestudie van ’n plantparasitiese nematode’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1237, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1237
Note: This paper was initially delivered at the School of Environmental Sciences and Development of the North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa on 05 October 2012.

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract
Open Access

Meloidogyne enterolobii (= Meloidogyne mayaguensis): A case study of a root-knot nematode species. Meloidogyne enterolobii is currently seen as one of the upcoming plant parasitic nematodes. The progress of this nematode, first reported in 1991 from South Africa, from nearly forgotten to quarantine organism, is discussed.

Inhoud
Open Access

Gedurende 1981 is Enterolobium contortisiliquum (Fabaceae) bome, met erge galvorming vermoedelik veroorsaak deur ’n Meloidogyne-infestasie, op Hainan Eiland, China waargeneem. Hierdie knopwortelaalwurm is aanvanklik, op grond van die kenmerke gevind op die perineaalpatroon van die wyfies, as Meloidogyne incognita identifiseer. Na verdere ondersoeke van die morfologie, sitologie, gasheerreeks en biochemie van hierdie nematode, is dit in 1983 as ’n nuwe spesie naamlik Meloidogyne enterolobii beskryf. Kort daarna is ’n Meloidogyne spesies op eiervrugwortels in Puerto Rico gevind en in 1988 as Meloidogyne mayaguensis beskryf. Die outeurs van M. mayaguensis, Yang & Eisenback, meld in hul beskrywing dat M. mayaguensis soos M. enterolobii lyk maar hulle vind genoeg morfologiese verskille om ’n nuwe spesie te beskryf en benoem. Soos in die geval met M. Enterolobii, word M. mayaguensis soms ook verkeerdelik as Meloidogyne incognita identifiseer. In 1991 is simptome van ’n swaar knopwortelaalwurm-besmetting in ’n koejawelboord in die Nelspruit-omgewing waargeneem, hierdie knopwortelaalwurm word deur Dr Kent Kleynhans as Meloidogyne mayaguensis identifiseer. Die belangstelling in M. mayaguensis word veral geprikkel weens sy aggressiewe aard en sy vermoë om die weerstandbiedendheid te oorkom wat teen Meloidogyne arenaria, Meloidogyne hapla, Meloidogyne incognita en Meloidogyne javanica in sekere kultivars ingebou is. In 2004 word ’n artikel gepubliseer wat stel dat M. enterolobii en M. mayaguensis molekulêr dieselfde is en dat M. mayaguensis heel moontlik ’n junior sinoniem van M. enterolobii is. In teenstelling met die belangstelling in M. mayaguensis, verskyn daar sedert die aanvanklike spesiebeskrywing van M. enterolobii, tot en met 2004, slegs vier publikasies waarin M. enterolobii vermeld word. Gedurende 2002 word M. mayaguensis in Frankryk aangemeld en in 2008 word M. enterolobii in ’n glashuis in Switserland aangemeld. Die twee spesies word in 2009 gesinonimiseer en EPPO, die Europese en Mediterreense Plantbeskermingsorganisasie, plaas

M. enterolobii in 2011 op hul A2-lys van kwarantynorganismes. Hierdie merkwaardige gevallestudie van M. Enterolobii, van bykans vergete spesie tot kwarantynorganisme, word hier bespreek.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.