Karakteristieke Taylor-keel-formasietydoptimering van elektrosproeisisteme

Author: C.L. Pieterse1
Affiliation: 1Department of Physics, Stellenbosch University, South Africa
Correspondence to: C. Pieterse
Postal address: Private Bag X1, Matieland 7602, South Africa
How to cite this abstract: Pieterse, C.L., 2014, ‘Karakteristieke Taylor-keel-formasietydoptimering van elektrosproeisisteme’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1205, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1205
Note: A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 07 and 08 November 2013, University of Pretoria, South Africa. Organising committee: Mr Rudi W. Pretorius (Department of Geography, University of South Africa) and Ms Andrea Lombard (Department of Geography, University of South Africa), Dr Hertzog Bisset (South African Nuclear Energy Corporation [NECSA]) and Prof. Philip Crouse (Department of Chemical Engineering, University of Pretoria).

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract
Open Access

Characteristic Taylor cone formation time optimisation of electrospray systems. Electrospray atomisation is a process during which nanometre sized particles are simultaneously generated and charged by an electrostatic field. This paper optimises the Taylor cone formation time of electrospray systems. Using the obtained model, the limitations on the nanoparticle chemical properties can be determined semi-analytically for a given geometry.

Referaatopsommings
Open Access

Elektrosproei-atomisering is die proses waartydens nanodeeltjies gelyktydig gegenereer en elektrostaties gelaai word. Hierdie metode om nanodeeltjies te genereer is tans baie populêr, hoofsaaklik omdat geen energie behalwe ’n aangelegde elektriese veld benodig word nie. Nanotegnologie raak daagliks meer populêr, en metodes om nanodeeltjies te skep, te manipuleer en te stoor word wêreldwyd intensief nagevors. Ongelukkig is daar nog baie faktore wat verhoed dat sekere tipes nanotegnologieë suksesvol na die kommersiële mark gebring word, asook dat die meer fundamentele fisiese aspekte daarvan ondersoek word.

Hierdie referaat kombineer die resultate van studies om die karakteristieke Taylor-keel-formasietyd van elektrosproeisisteme te optimeer. Deur middel van die model wat tydens die studies ontwikkel is, kan daar semi-analities bepaal word watter beperkings (t.o.v. relatiewe permitiwiteit, oppervlakspanning en vloeistofdigtheid) aan die nanodeeltjies wat met apparaat van ’n gegewe geometrie gegenereer kan word, toegewys word. Net so kan die vereiste geometrie bereken word wanneer die vereiste chemiese eienskappe aan hierdie model verskaf word. Hierdie model kan ook gebruik word om die maksimum frekwensie te bereken waarteen deeltjies deur middel van ’n wisselstroom vir gegewe chemiese eienskappe gegenereer kan word.

Aangesien die Taylor-keel kenmerkend ’n bepaalde tyd verg om te vorm wanneer die vloeistof aan ’n elektriese veld blootgestel word, is hierdie tyd eerstens bepaal (Pieterse 2013a). Op grond van eksperimentele data voorsien deur Kim et al. (2008) en ’n analitiese model ontwikkel deur Suvorov en Zubarev (2004), kon die maksimum frekwensie van ’n wisselende veld vir elektrosproei bepaal word. Hierdie maksimum frekwensie is kubies proporsioneel aan die aangelegde elektriese veld. Die maksimum veld wat aangelê kan word sonder om korona-ontladings te veroorsaak, is semi-analities bereken (Pieterse 2013b). Daar is ook ’n semi-analitiese model vir algemene elektrosproeigeometrieë geformuleer om die elektriese velde te bereken wat weens die polarisasie van die vloeistof ontstaan.

Die resultate van die studie toon ’n gemiddelde relatiewe fout van ongeveer 20%, en stem dus in groot mate ooreen met teoretiese en eksperimentele studies deur ander onafhanklike navorsingsgroepe oor die afgelope twintig jaar. Die resultate van genoemde studies word tans verder ondersoek, en resultate dui voorlopig daarop dat die maksimum elektriese velde selfs meer akkuraat bereken sal kan word. As deel van die opvolgnavorsing wat onderneem sal word, sal hierdie optimeringsmetodes eksperimenteel in samewerking met die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese geverifieer en gekommersialiseer word.

Literatuurverwysings
Open Access

Kim, J., Oh, H. & Kim, S.S., 2008, ‘Electrohydrodynamic drop-on-demand patterning in pulsed cone-jet mode at various frequencies’, Journal of Aerosol Science 39(9), 819−825.

Pieterse, C.L., 2013a, ‘Comments on: “Electrohydrodynamic drop-on-demand patterning in pulsed cone-jet mode at various frequencies” by Joonghyuk Kim, Hyuncheol Oh and Sang Soo Kim’, Journal of Aerosol Science 57, 199−202.

Pieterse, C.L., 2013b, ‘Electrohydrodynamic atomization limitations at atmospheric conditions due to corona discharge’, IEEE EUROCON 2013, pp. 1897−1903, University of Zagreb, Zagreb.

Suvorov, V.G. & Zubarev, N.M., 2004, ‘Formation of the Taylor cone on the surface of liquid metal in the presence of an electric field’, Journal of Physics D: Applied Physics 37(2), 289−297.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.