Die rol van die statistiese konsultant by ’n universiteit

Authors: S.L. Makgai1
Affiliations: 1Department of Statistics, University of Pretoria, South Africa
Correspondence to: S. Makgai
Postal address: Private Bag X20, Hatfield 0028, South Africa
How to cite this abstract: Makgai, S.L., 2014, ‘Die rol van die statistiese konsultant by ’n universiteit’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1202, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/satnt.v33i1.1202
Note: A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 07 and 08 November 2013, University of Pretoria, South Africa. Organising committee: Mr Rudi W. Pretorius (Department of Geography, University of South Africa) and Ms Andrea Lombard (Department of Geography, University of South Africa), Dr Hertzog Bisset (South African Nuclear Energy Corporation [NECSA]) and Prof. Philip Crouse (Department of Chemical Engineering, University of Pretoria).

Copyright Notice: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract
Open Access

The role of the statistical consultant at universities. Statistical consulting is regarded as one of the most challenging aspects of statistics. It entails the analysis of data for the purpose of deriving solutions to research problems presented by a client. This presentation focuses on the consultation process and the role of the statistical consultant in a university environment.

Referaatopsommings
Open Access

Statistiese konsultasie word beskou as die ontleding van data deur ’n statistikus met die doel om ’n bevredigende oplossing vir die navorsingsprobleem van ’n kliënt te vind. Statistiese konsultante moet dus geldige, toepaslike statistiese metodes en tegnieke aanwend om sin uit die data te haal ten einde betroubare gevolgtrekkings oor die navorsingsprobleem te help ontwikkel.

’n Statistiese konsultant moet met goeie statistiese sowel as nie-statistiese vaardighede toegerus wees. ’n Graad in statistiek vorm die grondslag vir die verkryging van tegniese statistiese vaardighede. Die vermoë om statistiese pakkette soos SAS, SPSS, of C++ effektief te gebruik, stel die konsultant in staat om die navorsingsprobleem op te los. Nie-statistiese vaardighede sluit persoonlike vaardighede in, soos die vermoë om effektief te kommunikeer, die vermoë om goed te luister, sowel as ’n opregte belangstelling in die oplossing van navorsingsprobleme.

Verskeie rolle moet deur konsultante vervul word. Die rolle sluit dié van medewerker, leier, mentor en assistent in. Daar word dikwels van ’n konsultant verwag om meer as een rol te speel, na gelang van die konsultant se karakter en persoonlikheid asook die omgewing waarin hy of sy werk. Konsultante kan op verskillende gebiede van indiensneming (bv. aan universiteite, banke of maatskappye) werksaam wees. Hierdie projek fokus op Suid-Afrika se universiteitsomgewing en die verantwoordelikhede van ’n universiteit se konsultasiesentrum teenoor kliënte.

Elke konsultasiesentrum het drie primêre pligte: dienslewering, onderrig en navorsing. Twee modelle word tipies in konsultasiesentrums gevolg, naamlik interne en eksterne konsultasiemodelle.

Konsultante wat by ’n interne konsultasiesentrum werksaam is, lewer hul dienste aan nagraadse studente en kollegas in ander dissiplines. Eksterne konsultasiesentrums bedien die publiek, byvoorbeeld besighede, studente van ander universiteite, kerke en diensorganisasies.

Die dienste wat gelewer word, sluit in hulp met betrekking tot die ontwerp van vraelyste, steekproewe en eksperimente, datavaslegging, statistiese data-ontleding en die interpretasie van resultate.

Soms is kliënte kundig en vertroud met statistiek, wat beteken dat hulle met die tegnieke en statistiese metodes wat deur die konsultant gebruik word, vertroud is. Sommige kliënte beskik egter oor geen statistiese vaardighede nie.

Twee verskillende tipes van kliënt-konsultant-verhoudings word voorgelê: die verhouding waarin die konsultant die rol van ’n ouer aanvaar terwyl die kliënt die rol van ’n kind aanneem, en die verhouding waarin die konsultant die rol van ’n kind aanneem en die kliënt die rol van ’n volwassene of ouer aanvaar. Vyf hoofstappe word tipies tydens die statistiese konsultasieproses gevolg:

• die eerste bekendstellingsvergadering
• datavaslegging en die skoonmaak van data
• die statistiese ontleding van data
• die formulering van bevindings
• die interpretasie van resultate

Die hoofdoel vir ’n konsultant is eerstens om ’n oplossing vir die statistiese probleem te kry, en tweedens om die kliënt ​​te help om die resultate te verstaan, sodat hy of sy die oplossing self sal kan toepas en in sy of haar eie omgewing sal kan interpreteer.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.