Article Information

Authors:
Kariska Potgieter1
Reinout Meijboom1
Marianne Cronje2

Affiliations:
1Department of Chemistry, University of Johannesburg, South Africa

2Department of Biochemistry, University of Johannesburg, South Africa

Correspondence to:
Reinout Meijboom

Postal address:
PO Box 524, Auckland Park 2006, South Africa

How to cite this article:
Potgieter, K., Meijboom, R. & Cronje, M., 2014, ‘Die sintese van silwer fosfienfeniel-afgeleides vir gebruik in kankerstudies’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #1013, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/
satnt.v33i1.1013

Note:
A selection of conference proceedings: Student Symposium in Science, 27 and 28 October 2012, North-West University, South Africa. Organising committee: Mr Rudi W. Pretorius (Department of Geography, University of South Africa), Dr Ettienne Snyders (South African Nuclear Energy Corporation [NECSA]) and Dr Cornie G.C.E. van Sittert (School of Physical and Chemical Sciences, North-West University).

Copyright Notice:
© 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals.

This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.
Die sintese van silwer fosfienfeniel-afgeleides vir gebruik in kankerstudies
In This Referaatopsomming...
Open Access
Abstract
Inhoud
Abstract

The synthesis of silver phosphine phenyl derivatives for the use in cancer studies. Cancer is a growing disease which should be eliminated or cured. Compounds should be synthesized which will target the tumour cells without damaging healthy cells. Silver (I) compounds, namely [Ag(dppe)2]NO3- and [Ag(dppp)2]NO3-, were synthesized and tested on SNO cancer cells. Results showed good anti-cancer activity towards the cancer cells.

Inhoud

Kanker is een van die vele siektes in Suid-Afrika wat vinnig besig is om toe te neem. As gevolg hiervan is wetenskaplikes aan die werk om teenmiddels te verkry wat die kankerselle sal beveg en/of elimineer. Huidige anti-kankerverbindings, soos Cisplatin® het goeie anti-kankeraktiwiteit, maar die newe-effekte is nadelig. Die biochemiese meganisme van Cisplatin® se sitotoksisiteit behels die binding van die teenmiddel aan DNS of nie-DNS-teikens en die daaropvolgende induksie van seldood deur apoptose of nekrose of albei. Induksie van ’n spesifieke seldood is ’n belangrike deel van teenmiddelontwikkeling as gevolg van die feit dat apoptose die voorkeurvorm van seldood is en nie met infeksie gepaard gaan nie. Cisplatin® kan seldood induseer deur apoptose, nekrose of beide, en daarom word Cisplatin® as ’n ongewenste antikankermiddel beskou. ’n Ander nadeel van Cisplatin® is dat dit bind aan DNS of nie-DNS-teikens en daarom veroorsaak dit seldood in enige sel, insluitend gesonde selle. Studies van die metaalgebaseerde aromatiese katioon [Au(I)(dppe)2]+ (waar dppe 1,2-bis[difenielfosfien]-etaan is) het aggressiewe in vitro-anti-kankeraktiwiteit, asook aktiwiteit teen gewasmodelle in muise getoon. Die voorkoms van ernstige hepatotoksisiteit in honde wat veroorsaak is deur ’n anti-mitokondriale aksie, het egter daartoe gelei dat die prekliniese ontwikkeling van die dwelm gestaak is. Daar word beoog om ’n teenmiddel te ontwikkel wat net die kankerselle sal teiken en wat minimale toksisiteit teen gesonde selle sal toon. Daar word voorgestel dat die komplekse [Ag(I)(dppe)2]+NO3- en [Ag(I)(dppp)2]+NO3-anti-kankeraktiwiteit het en minimale toksisiteit sal veroorsaak in gesonde selle. In hierdie studie is die twee komplekse, naamlik [Ag(I)(dppe)2]+NO3- en [Ag(I)(dppp)2]+NO3- gesintetiseer en gebruik om die antikankeraktiwiteit in ’n SNO-(slukderm) kanker-sellyn te bepaal. Die twee komplekse is vervaardig deur die ligande, bis-difenielfosfienetaan en bis-difenielfosfienpropaan, in asetoon op te los. Die AgNO3-sout is opgelos in water en onderskeidelik by die oplossings van bis-difenielfosfienetaan en bis-difenielfosfienpropaan gevoeg. Die reaksiemengels is toegelaat om tot droogheid te verdamp, waarna wit kristalle geïsoleer is. Karakterisering sluit in KMR, IR, smeltpuntbepaling, asook elementanalise. Die twee komplekse (opgelos in 1% DMSO), Cisplatin® (apoptose-kontrole) en 1% DMSO – (vervoer kontrole – om te verseker dat DMSO nie seldood veroorsaak nie) is gebruik om die SNO-kankerselle te behandel. Die persentasie seldood, asook die tipe seldood (apoptose of nekrose) is bepaal. ’n Kontrole van onbehandelde selle is ingesluit. ’n AlamarBlueTM-oorlewingstoets is op al die behandelings gedoen. Daar is waargeneem dat beide [Ag(I)(dppe)2]+NO3- en [Ag(I)(dppp)2]+NO3- met konsentrasies van 5 μM en 10 μM goeie anti-kankeraktiwiteit teenoor SNO-kankerselle toon. Die behandeling van Ag-dppe met die konsentrasie van 5 μM het nie ’n beduidende lewensvatbaarheidsafname teenoor die kontrole getoon nie. Hierdie resultate dui daarop dat sowel [Ag(I)(dppe)2]+NO3- as [Ag(I)(dppp)2]+NO3 effektiewe antikankeraktiwiteit toon.


Reader Comments

Before posting a comment, read our privacy policy.

Post a comment (login required)

Crossref Citations

No related citations found.